s_oondvars_150
1268

Ek en Bella: Lekker verjaar!

Jenny Valentine
Joe Berger
LAPA

Bella is Nina se kleinsussie en met haar in die omtrek is daar nooit ’n vervelige oomblik nie. Bella glo vas sy kan swem, totdat sy die eerste keer vir swemlesse moet gaan. Boonop is Bella se verjaardag om die draai en hierdie jaar is daar presies een ding wat sy dolgraag wil hê: ’n hamster. (Al klink haar ma en pa glad nie so opgewonde oor die idee nie.) Maar voor die groot dag aanbreek, moet daar eers koekies vir Bella se klaspartytjie gebak word – en Bella eet natuurlik baie meer koekies op as wat sy versier.

Publikasie: 2011-05-08
0
Would love your thoughts, please comment.x