Hoe opwindend! Die balletklas gaan hul heel eerste konsert hou. Almal is opgewonde om deel te neem. Maar Emma is die enigste een wat glad nie uitsien na die konsert nie. Sal sy haar verhoogvrees kan oorwin? En sal alles reg uitwerk die aand van die konsert? Jong dansers sal versot wees op hierdie oulike storie en die fantastiese 3D illustrasies.