Hierdie wonderlike towerboek is vol feëtjies en ander karakters uit feëland wat jy sommer maklik kan maak. Of word self ’n feetjie! Volg die duidelike stappe en maak vir jou glinsterende feëvlerke, ’n silwer tiara en ’n skitterende towerstaf. Daar is ook feëpoppies, ’n feëpaleis, opwipkaartjies en nog baie meer. Versier die kunswerke met die pragtige silwer plakkers in die middel van die boek.