Flipom is ’n “dubbele boek” met twee verhale, waar – soos die titel aandui – jy eers die een lees en dan die boek omdraai om die ander verhaal te lees. Die verhale dra ewe veel gewig en die leser kies self waar om te begin, hetsy by die spanningsverhaal of die scifi-verhaal. Die voorblaaie beloof “Eerste ter wêreld” en “Jy het nog nie so ’n boek gelees nie”, en die konsep regverdig dié uitsprake. Dit behels die volgende reëls wat vooraan elke storie gegee word …