s_oondvars_150
304

Fritz Deelman en die groen dood

Leon Rousseau
Human & Rousseau

Geheimsinnige gebeure in die uitgestrekte Amasonegebied van Suid-Amerika bring luitenant Fritz Deelman van die Internasionale veiligheidspolisie op die toneel, en daarna begin die poppe dans. Wat is die antwoord op die raaisel van die verlore ras wat volgens gerugte na hul antieke tempel teruggekeer het; van die reusagtige spoor, soos die van `n prehistoriese monster; van die onbekende pylgif wat die lewe van `n hele ekspedisie gekos het? Om die antwoorde te vind, vertrek Fritz Deelman op `n waaghalsige tog na streke waarheen min mense nog te voet gereis het. Deur `n barbaarse stam oorweldig, word hy aan `n grusame proef onderwerp, maar dit is gou duidelik dat dit nie hierdie Indiane was wat die vrede in die gebied verstoor het nie. Om die werklike vyand te vind, dring Fritz Deelman die berugte “groen hel” van die Amasone dieper binne. Dit is `n gebied waar giftige moerasse in die hitte le en broei, en waar `n duisend gevare le en wag. Maar wat Fritz Deelman uiteindelik in die dieptes van die oerwoud ondervind, laat al dié ontberings na kinderspeletjies lyk.

Publikasie: 2004-08-18
0
Would love your thoughts, please comment.x