s_oondvars_150
292

Fritz Deelman en die Swart Eiland

Leon Rousseau
Human & Rousseau

Geruisloos verdwyn die twee manne onder die oppervlak van die swart water. Stadig, soos in ’n droom, sak hulle deur die pers duisternis: dertig, sestig, negentig meter. Die donkerte onder hulle begin lewe. Op die bodem brand die verblindende skynwerpers van ’n televisiekamera. Die swart vorm van die wrak word sigbaar… In die ingewande van die skip vind luitenant Fritz Deelman en sy Franse makker geen teken van die uraan waarna hulle soek nie. Maar wat hulle wel daar ontdek, bring die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie in rep en roer. En Fritz Deelman moet kragte meet met die geheimsinnige inwoners van die Swart Eiland.

Publikasie: 2004-10-20
0
Would love your thoughts, please comment.x