Lara en Anke is baie hartseer toe Lara se gesin wegtrek. Maar toe hulle wenshangertjies kry, is dit die begin van n ongelooflike avontuur, en hulle kan mekaar enige tyd sien! Met hulle wenshangertjies reis hulle na die Towerpaleis en ontmoet die Geheime Prinsesse wat wense kan laat waar word. Die beste van alles is dat Lara en Anke self Geheime Prinsesse kan word … maar nie as die aaklige prinses Martelle haar sin kry nie.