Hierdie pragtig geïllustreerde versameling van ses verhale bevat vertellings uit die Griekse mitologie. Jong lesers word bekend gestel aan Zeus en die Olimpiërs, Aphrodite en Hephaistos, Apollo, Artemis en Orion, Persephone en Hades, en Athena en Poseidon. Dit is tydlose verhale wat vertel van die geboorte van die gode en godinne, van hulle avonture, hulle liefdes en vetes. Griekse gode en godinne uit die mitologie, boeiend oorvertel in toeganklike prosa, sal jong lesers vermaak en inlig oor die klassieke kultuur.