`n Fortuinverteller trek oorkant die straat van Otto en tannie Sharon in en ewe skielik begin vreemde dinge in die buurt gebeur. Harry die Grieselgryper vind uit dat `n gruwelgees die vrou se huis oorgeneem het! Dit is `n baie gevaarlike soort spook en Grieselgrypers is hulpeloos teen hulle. Otto en Harry moet `n spesiale eenheid van die SBI inroep: die spookmeesters. Maar dit lyk nie of die ouens hulle regtig wil help nie . . .