Hoe cool is dit? bekyk allerlei verstommende wetenskaplike idees en ontdekkings van naderby. Dit ondersoek die coolste uitvindings en natuurlike verskynsels, van elektroniese ink en robotspeelgoed en iets so eenvoudig soos borrels.
Vind uit hoe die strepies in tandepaste gesit word, verken die wonder van organiese chemie in `n kougomborrel, en vergaap jou aan die ongelooflike geometriese patrone van sneeuvlokkies en kristalle.
Perfek vir enigiemand wat nuuskierig en verwonderd is oor ons wereld en al die cool goed daarin!