Verken die wetenskap agter eenvoudige masjiene en meganismes – van hefbome,ratte en katrolle tot sperratte, kamratte en krukasse. Bou dan jou eie masjiene en ontdek self hoe dit werk. Hierdie unieke, interaktiewe boek is ’n moet vir ontluikende ingenieurs! Dit bevat alles wat jy nodig het om 12 werkende modelle te bou. Volg net die instruksies en draai die ratte, stawe en wiele op die geperforeerde werksbank vas. Siedaar, jy is gereed om te ontdek hoe masjiene werk!