Die klassieke Huppel-stories is weer beskikbaar in een pragtige bundel. Wie onthou die Slaapkouse en die Nuuskierige Agies wat moet help dat Storieman sy storie vertel in Wip-Huppel-Wip? In Vrolike Huppelkind besoek hy saam met Fiefman die Land van Wol en Hare, en wanneer Huppel verjaar, kry hy `n regte koekoek in `n klok! Die kleurvolle, komiese karakters en die vrolike Huppel, tesame met Dorothy Hill se bekoorlike illustrasies, steel kinders se harte sommer gou weer in 2018.