s_oondvars_150
2059

Jock van die Bosveld en ander ware dierestories

Wendy Maartens
Alex van Houwelingen
LAPA

Lekkerleespret vir jong diereliefhebbers! Ontmoet `n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het; ontmoet `n brilpikkewyn met die naam Gregory Peck wat mense geïnspireer het om nie die see te besoedel nie; en skud poot met Just Nuisance, `n hond wat by die Britse vloot aangesluit het! Hierdie boek bevat vyf asemrowende ware dierestories: 1. Seeman Just Nuisance Het jy al gehoor van `n hond wat lid van die vloot is? Of `n pet dra en alleen trein ry? Dis wat Just Nuisance gedoen het. 2. Visvriende Big Red en Blackie `n Wonderlike ware verhaal oor die wonderbaarlike vriendskap tussen twee troetelvisse. 3. Jock van die Bosveld Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die dapper Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het. 4. Die ysbeer en die kietsiekat Die merkwaardige verhaal van `n katjie wat op `n dag in die ysbeerpoel by `n dieretuin beland het en deur een van die gevaarlik bere gered is! 5. Gregory Peck die brilpikkewyn. Vind uit hoe `n brilpikkewyn genaamd Gregory Peck mense geïnspireer het om vir die natuur om te gee. Die stories word op `n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!

Publikasie: 20190109
0
Would love your thoughts, please comment.x