Fiedel-diedel-trienge-doem! Kardoesie en sy drie boeties maak vrolike musiek oral waar hulle gaan. Maar op ‘n dag kom die konynboeties in ‘n stil, hartseer stad. ‘n Stad waar dit altyd winter is, want die nare koning verbied almal om te sing en musiek te maak. Kan Kardoesie uit die koning se kloue ontsnap en die mense van die stad weer gelukkig maak?