Kom leer oor syfers, kleure, vorms, letters en vele meer saam met Wikus en sy maats, Wim, Wanda en Barend. Die oefeninge en aktiwiteite in hierdie kleurvolle titel is spesiaal ontwerp om kinders te help om die vaardighede wat hulle tydens hul eerste skooljare leer, te oefen en te ontwikkel. Wikus wys kinders dat leer groot pret kan wees! Daar is vier titels in hierdie nuwe reeks.