s_oondvars_150
16

Kuifie – Die geheime wapen

Herge
Human & Rousseau

Die Geheime Wapen is die eerste maal in Frans in 1956 gepubliseer in die gespanne klimaat van die Koue Oorlog. Hierdie avontuur neem Kuifie na Sildawië en Bordurië waar hulle vir Professor Sonneblom moet red. Sonneblom word aangehou nadat hy ’n ultrasoniese wapen van massa vernietiging geskep het. Die irriterende versekeringsmakelaar, Lossie Lospert, maak vir die eerste maal sy verskyning – tot die ergenis van Kaptein Sardijn. Die verhaal neem die leser op ’n wilde jaagtog, bied ’n paar verrassings, sien vriende wat verenig en woeste gevegte … alles ter wille van ’n gewone sambreel.

Publikasie: 2008-03-04