Louise voel desperaat oor haar voorkoms. Sy dink dis tyd dat sy iets aan haarself moet doen, maar haar ma dink die enigste skoonheidsmiddel wat `n mens nodig het is `n goeie koekie seep. Hoe nou gemaak, veral as sy elke dag by die skool in die geheimsinnige en beeldskone Charlotte-May met haar gladde bruin bene, aarbeilipglans en gestrykte blonde hare moet vaskyk? Wanneer sy vir Louisa,
haar amperse naamgenoot ontmoet, spat die vonke, maar daar is ook ‘n Matador, `n celeb en ’n weggesteekte rok wat sorg vir ‘n paar interessante kinkels in die verhaal.