In 1932 publiseer ’n onbekende skryfster, Stella Blakemore, Die meisies van Maasdorp. Min het sy geweet dat dit die begin sou word van ’n reeks – een van die bekendste, geliefste en suksesvolle jeugreekse in Afrikaans. Heruitgawes het in 1970 en 1995 verskyn en vanjaar keer Kobie, Elsabe, Breggie, Heloise en al die meisies van Maasdorp weer terug – 72 jaar na die eerste verskyning!