s_oondvars_150
1056

Makwelane en die krokodil

Maria Hendriks
Piet Grobler
Human & Rousseau

Toe Makwelane gebore is, het haar pa haar hoog opgetel en gesê: “Hierdie kind is vir musiek gemaak. Makwelane sal haar naam wees. Makwelane musiekmaker.” Toe het hy vir haar `n makwelane, `n musiekmaker, gemaak.Van almal is Makwelane die liefste vir haar ouma wat langs die water bly. Maar om by Gogo te kom, moet jy al langs die rivier loop tot by die groot rots. Dit is baie ver, en in die rivier langs die pad bly `n nare krokodil. Makwelane kerm en kerm om by Gogo te gaan kuier en eendag toe sy grooet genoeg is, stem haar ouers in. Gewapen met haar musiekmaker op haar rug en haar pa en ma se waarskuwings oor die gevaarlike krokodil, vat Makwelane die pad Gogo toe.
Wat sy langs die pad beleef en hoe sy uiteindelik die sluwe krokodil uitoorlê, maak van hierdie `n lekker vrolike, avontuurvolle en boeiende storie – vol van die ritme en musiek van Afrika se veld, diere en mense.

BEKRONINGS:
Katrine Harries-prys vir jeugboekillustrasies, 2005.

Publikasie: 2005-08-03
0
Would love your thoughts, please comment.x