In hierdie pragtige bundel het rympiekoning Philip de Vos die wêreld se mees geliefde rympies in Afrikaans verwerk. Ontmoet ook vir Moeder Gans en haar kroos en vind presies uit hoe hierdie bekende rympies ontstaan het. Dit is ’n skatkis van rympies en verhale wat oud en jonk sal geniet.