My-my is Emma se spieëlbeeld en hulle is beste, beste maatjies. In die maklike leesboek is daar vyf stories met Emma en My-my as hoofkarakters: In die eerste storie trek die gesin uit hulle woonstel na ‘n huis toe, en in die tweede gaan Emma na haar nuwe skool toe. Sy gaan ook kamp saam met Mamma en Pappa (maar waar is My-my dan?), en tydens ’n uitstappie na ‘n pretpark loop sy My-My op ’n baie eienaardige plek raak! In die laaste verhaal ontmoet Emma uiteindelik haar eie, vlees-en-bloed beste maatjie, Yoli.
Sosialisering is ‘n baie belangrike en potensieel uitdagende vaardigheid wat kinders voor skool moet baasraak en in die grondslagfase moet oefen en versterk. Jong lesers kan saam met Emma leer hoe om maats te maak en ook hoe om meer simpatiek te wees teenoor maats wat nie so gemaklik sosialiseer nie. Maklik geskryf sodat beginnerlesers self kan lees, maar kan ewe goed as voorleesboek werk.