Rikus se ouma is anders as ander oumas.Sy het haar eie rockgroep.
Haar hare is groen gekleur.
Sy rits in `n bloedrooi sportmotor rond.
Sy is gedurig in koerante en tydskrifte.
Sy gaan na partytjies saam met TV-sterre en staatspresidente.
Toe Ouma boonop `n rol in `n splinternuwe fliek losslaan, is Rikus en sy beste pel, Puleng, baie opgewonde. Hulle gaan sowaar as ekstras in `n toneel in die fliek verskyn!
Maar `n filmstel kan soms `n gevaarlike plek wees….