`n Jong seun hou sy geliefde Oupa aan die leser voor deur `n reeks eenvoudige illustrasies. Sy ma en ouma reken sy Oupa is “vol draadwerk”, maar vir die seun is hy `n oupa wat stories vertel, `n upa wat vir hom speelgoed uit alledaagse dinge aanmekaarslaan en saam met wie hy graag die hoenders kos gee. Hoogs oorspronklik en so Afrikaans as kan kom.