s_oondvars_150
649

Net aliens eet spinasie

Jaco Jacobs
Human & Rousseau

Wat maak jy as daar ’n alien in julle swembad land? Jy steek hom weg, natuurlik! Want die bure gaan klik en dan gaan die weermag hom kom haal en hom oopsny om te kyk hoe hy werk. En dit kan jy nie toelaat nie, want hy’s tog so oulik… En wat maak jy as jou ouma jou vra om haar te help om ’n vampier in die graadeentjies se klas te gaan vang? Jy gaan saam, natuurlik! Want dis nie elke dag dat jy sal sien hoe jou ouma ’n knoffel-bazooka gebruik nie… Maar wat maak jy as jy wil uitvind wat in die res van die stories aangaan? Jy lees die boek, natuurlik! Want jy wil nie uitmis nie… ’n Versameling tonekrul-lekker stories deur die gewilde jong skrywer van Pretpark, ’n grilstorie vir jong lesers.

Publikasie: 2005-08-03
0
Would love your thoughts, please comment.x