Dit is ’n snikhete warme dag in Afrika se bos. Padda is skielik baie dors en vat ’n slukkie water uit sy poeletjie. So dors is hy, hy drink sommer die hele poel leeg, toe ook die riviere en damme en strome – die oseaan los hy darem. Die ander diere is baie kwaad – padda het nou al hulle water in sy pens en hoe meer hulle dit probeer terugkry, hoe minder wil Padda dit teruggee – totdat daar ’n plan beraam word om Padda uit te oorlê … ’n Pragtig geïllustreerde storie met ’n spanninglyn wat klein lesertjies vasgenael sal hou. Lekker vlot ritme vir voor- en selflees.