Skielik, sonder enige waarskuwing, skuif hy sy voet vorentoe en flits sy swaardpunt na Oloff se bors. Oloff beweeg nie. Net die spiere van sy regterarm trek styf. Dan kap hy met alle geweld van onder af teen die bewegende wapen …