s_oondvars_150
1610

Onverklaarbaar

Jaco Jacobs
LAPA

Ontdek van die tergendste geheime waaroor mense al dekades lank kopkrap! Die mensdom het ’n fassinasie met monsters. Van die eeue oue legendes oor dapper ridders wat vuurspuwende drake verslaan, tot hedendaagse rillerflieks oor weerwolwe en vampiere. En selfs al het die moderne wetenskap oor die jare logiese verklarings vir baie van hierdie mites en legendes gevind, bly sommige verskynsels steeds ’n raaisel … Stappers in die Himalajas ontdek reuse-voetspore wat dalk aan ’n onbekende aapmens behoort. Twee kinders neem foto’s van feetjies in hul tuin. ’n Dokter beweer hy het ’n vreemde monster in Loch Ness opgemerk – en hy het foto’s om dit te bewys. ’n Karooboer sien ruimtewesens op sy plaas. Die bemanning van ’n skip sien ’n seemonster naby Kaapstad. ’n Spookmeisie gooi duim op die pad na Uniondale. Is daar logiese verklarings vir hierdie tergende raaisels … of is dit bloot Onverklaarbaar? Hierdie boek beweer glad nie dat daar regtig iets soos weerwolwe of zombies of ander vreemde verskynsels is nie. Maar dit is nogtans interessant om uit te vind waar die bangmaakstories, soos van mense wat snags in wolwe verander, vandaan kom, of hoe die zombies wat ons deesdae in flieks sien, oor die jare verander het. So, maak gereed om van aangesig tot aangesig te kom met die mites en monsters wat al eeue lank mense laat kopkrap en hulle die skrik op die lyf jaag …

Publikasie: 2014-10-08
0
Would love your thoughts, please comment.x