Hoender Retief se hele lewe verander een middag toe sy pa op pad huis toe by ’n winkel stilhou om ’n snoek te koop. En terwyl sy gesin probeer om hul verlies te verwerk, versorg hy sy Leghorn-hoenders, verkoop eiers aan die mense op die plotte en doen saans wiskunde as hy sukkel om te slaap.Maar op `n dag ontmoet Martin vir Drikus.
Drikus wat aan `n siekte ly wat na iemand vernoem is. Drikus wat daarvan droom om sy eie zombiefliek te maak.
Wat volg, is `n wegholrit met skouhoenders, skelms, zombies, moeilike somme … en die mooiste meisie in die skool.