Die hospitaal is rerig ’n lekker plek. Hier is baie grootmense wat vriendelik is en hard praat, hier is sakke vol speelgoed en baie pienk tannies wat met die kinders wil speel, en hier is altyd pelle, soos Braaivleis, Einstein of Kaboemielie. Maar eintlik is die hospitaal net ’n wonderlike plek as jy ’n pasient is wat mense se harte bly maak. Ek is nie meer een nie. Ek weet, want vandat ek my beenmurgoorplanting gehad het, dink mense nie meer ek is oulik nie – Oskar. Oskar is tien jaar oud, maar hy lyk soos sewe. Hy het nie meer lank om te lewe nie, maar hoe hy deur hierdie laaste twaalf dae kom en vrede maak met die dood, sy ouers en met God, kan net ouma Rosa, die Wurger van Welkom, bewerkstellig, en nie sonder die nodige snaakse humor nie.