Parmant is `n krokodilletjie wat weet dat dit sy reg is om Nee! te sê. Die olifant, die muishond, die kolhaas, die vlakvark, die jakkals, die luiperd, die blou aap en die groot ou krokodil wil almal sy liefie streel of kielie. Parmant se antwoord is egter elke keer: “Dit is my liefie en ek sê: nee, nee, nee!”
Die laaste twee bladsye bevat vingerpoppe wat uitgesny kan word sodat jong lesertjies die storie kan “opvoer” of hulle eie stories kan opmaak. Die prettige illustrasies is deur Samantha van Riet.