s_oondvars_150
1252

Rymreise

Samestellers: Adinda Vermaak & pieter Strauss
Alida Bothma
Nasaou Via Afrika

Rymreise is `n versamelbundel gerig op jong lesers wat reeds bekend is met kleuterrympies en kinderverse, maar nie noodwendig gereed is vir “moeilike” poësie waaroor eksamen geskryf moet word nie. Hierdie geïllustreerde versamelbundel bevat 176 gedigte en bestaan uit `n kombinasie van klassieke gedigte uit die Afrikaanse poësieskat; en die oorgrote meerderheid splinternuwe gedigte deur sowel debutant digters as gevestigde digters – altesaam die werk van 78 digters.
Die publikasie volg op die sukses van die twee voorgangers, Versreise en Woordreise, wat deur literatore en onderwyskundiges geprys is vir die vernuwende wyse waarop dit die digkuns op `n lewendige wyse deur middel van relevante temas by jong lesers tuisgebring het en `n liefde vir die letterkunde gekweek het.

Wat Rymreise veral bekoorlik maak, is die illustrasies van die bekroonde kinderboekillustreerder Alida Bothma – illustrasies wat kunswerke in eie reg word en spesiaal vir die gedigte geskep is. Die bundel is ook uniek in die opsig dat dit `n antwoord bied vir die groot vraag by deelnemers aan eisteddfods na nuwe vars gedigte – Rymreise is propvol voordraggedigte waaruit elke jong leser ’n gedig sal kan kies om by die volgende kunswedstryd voor te dra.

Bestellings: deur skoolboekhandelaars, of vir direkte bestellings skakel On the Dot by tel: 021 918 8811 of tolvry 086 166 8368

Druppel
Die blaar het `n druppel dou
uit die nag gevang.
Die son het `n blomtuin
in die druppel kom hang.
(Hester Heese)

Publikasie: 2011-04-02
0
Would love your thoughts, please comment.x