Saartjie se boetie Apie verjaar en hy is doodbang dat sy familie daarvan gaan vergeet. Al wat hy wil hê, is bokshandskoene en `n partytjie sonder meisies. Saartjie doen haar bes om te sorg dat Apie die verjaarsdag kry wat hy wil hê. Sy koop selfs vir hom `n spesiale geskenk. Maar dan besluit sy om dit solank te gebruik – en dit lei natuurlik tot groot konsternasie.