s_oondvars_150
736

Skaduwee van die dood

Janie Oosthuysen
Human & Rousseau

Die eerste in `n nuwe reeks avontuurverhale vir seuns en meisies van ouderdom 9 – 12 jaar. Francois en sy twee maats gaan stel ondersoek in by die ou huis aan die rand van die dorp. Die oggend toe Francois daar koerante afgelewer het, het iets hom onrustig gemaak oor die deur wat oopgestaan het. Daar woon `n ou tannie en dinge lyk nie reg nie. Soos wat die drie seuns nader aan die antwoord kom, so raak dinge vir hulle warm … `n dreigbrief, `n spookstem oor die telefoon en `n geskietery op hulle. Lees ook die volgende titel in die reeks: Die geheim van die toringkamer deur Mariana Brandt.

Publikasie: 2000-10-04
0
Would love your thoughts, please comment.x