s_oondvars_150
2074

Snak

Rouxnette Meiring
Tafelberg

Dit is 2317. Die jong reisigers van ||Hui !Gaeb is op verskillende plekke in Chinafrika vasgevang. Amber en Shivani wag by die Kangogrotte met die jonger kinders. Kaleb is betower deur ’n skynbestaan in sy sonstad Aksum. Shaka probeer oorleef op ’n verlate eiland en in Egipte skei Kara en Mohlomi se paaie ook. Wat beteken die magiese voorwerp wat Kara en Mohlomi by die Isisbeeld gevind het, ’n voorwerp wat verskillende name in verskillende kulture het? Is dít die sleutel wat die slapende ouers sal wakker maak? Dis asof die diere, voëls, plante, klippe en die elemente saamspan om die mens-kinders te help antwoorde vind. Snak is ’n spannende soek- en trekverhaal van geloof, hoop en liefde. Dit volg op Kraak, waarin die reis uit die koepelstad aan die suidpunt van Afrika begin het.

Publikasie: 20181116
0
Would love your thoughts, please comment.x