Die nuwe skooljaar het aangebreek! Anri, Megan en Karen kan nie wag om uit te vind watter nuwe Stalmaats-avonture op hulle wag nie. Die nuwe jaar skop af met n groot verrassing. Vinette het skynbaar n splinternuwe blaadjie omgeslaan. Sy het haar streke gelos en is skielik vriendelik met almal … sy stel selfs voor dat die Stalmaats n omgewingsbewaringsprojek aanpak! Kan Anri-hulle haar hierdie keer vertrou?