Thomas@geraamte.net is die sewende boek in die gewilde Thomas@-reeks waarvan daar altesaam reeds sowat 80 000 kopiee verkoop het. Hierdie keer gaan Thomas-hulle op ’n rugby- en netbaltoer na Namibië en kort voor lank is hulle weer kniediep in die moeilikheid wanneer hulle op die spookdorp, Kolmanskop, eiehandig ’n groep diamantsmokkelaars probeer aankeer.