s_oondvars_150
1682

Uit

Fanie Viljoen
Lapa

Dis moeilik om te verduidelik. Dis ’n wegsteek-ding wat ek in my lyf voel. Jare lank al. Ek weet nie wanneer die “gevoel” begin het nie. Op laerskool dalk al? Of was ek dertien, veertien? Eers weet jy dit, maar op ’n manier weet jy dit nie. Dan weet jy dit, maar jy wil dit nie weet nie, want dit is net so donners aaklig om só aan jouself te dink. Te dink wat dit vir jou beteken, en wat dit vir ander mense sal beteken as hulle uitvind, hoe hulle jou sal sien as hulle jou waarlik ken.Ek het dit probeer wegsteek. Ek het dit probeer wegredeneer: Dit beteken niks nie. Dis ’n fase waardeur jy gaan. Dis wat jy vir jouself sê. En jy lieg vir jouself. Jy weet, maar jy wil nie weet nie.Brent is in graad tien. Hy’s gewild. Hy het hope pelle. Hy speel rugby. Hy hou van partytjies. Hy het soort van ’n meisie. En hy is gay.

Publikasie: 2014-12-31
0
Would love your thoughts, please comment.x