Ontdek die geheime en raaisels van Antieke Egipte. Neem ’n toer na die ongelooflike Egiptiese piramides. Wie het hulle gebou en hoekom? Hoe is hulle gebou? Ontdek nie net die geskiedenis van die mummies en Egipte nie, maar ook uit ander wêrelddele soos Suid-Amerika en China. Hierdie fassinerende boek – kompleet met skakels na die internet – verken die nuutste wetenskaplike tegnieke wat gebruik word om die geheime van die verlede te ontsluit en gee ’n blik op ’n onderwerp wat mense al vir ’n baie lang tyd fassineer. Die inligting word gekomplimenteer met foto’s en interessante feite.