Die agtste boek in die reeks lekkerlees-rillerstories. Wat vir ’n familie ’n opwindende vakansie in Londen moet wees, ontaard in ’n verskrikking toe die kinders agterkom dat ou Mister Radcliffe se hoofbediende Parker nie werklik is wat hy voorgee nie. Ken, die oudste van drie kinders, volg ’n bloedspoor tot in ’n ou pakhuis … en wat hy daar vind sou hy nooit in sy wildste drome kon raai nie.