Ontmoet Willemien van Rooyen en haar beste vriend, meneer Knuffel. Geen raaisel is ooit te moeilik vir hulle twee nie… Daar is ‘n reeks inbrake in Groot Stad. Kosbare skoothondjies verdwyn links en regs. Iets moet gedoen word… Kan Willemien en meneer Knuffel ‘n slim plan uitdink?