“Boeke laat jou reis sonder dat jy die huis hoef te verlaat. Lees en bly veilig.” – Rudie van Rensburg
Die katastrofiese koronaviruspandemie maak dat ons almal meer tyd by die huis deurbring om ons medemens te beskerm. Jou sosiale kalender lyk dus bra kaal, maar jy kan nooit te eensaam raak as jy boeke het om jou geselskap te hou nie! Tydens die landswye inperking gaan jy ongelukkig nie jou boekrak met papierboeke kan vul nie, maar die goeie nuus is dat jy steeds op verbeeldingsvlugte kan gaan met ons groot versameling e-boeke en luisterboeke.
Volg ons op sosiale media en teken in op NB-uitgewers se nuusbrief om hulle aanbevole leesstof gedurende die inperking te ontvang:
- Facebook: @NBPublishers | @Storierak | @LuxVerbi | @NBSkoleSchools | @PharosDictionaries
- Instagram: @nbpublishers | @luxverbi
- Twitter: @NBPublishers | @KwelaBooks
Baie mense dink dat jy ‘n spesiale toestel benodig om e-boeke te lees, maar jy hoef nie ‘n Kindle te hê om al jou gunsteling-boeke in digitale vorm te geniet nie. Jy kan die Amazon Kindle, Kobo, of Snapplify-toepassings op enige toestel aflaai en Suid-Afrikaners kan ons boeke op enige van die volgende platforms (wat oop gaan bly tydens inperking) aankoop:
- Amazon.com (Lesers kan die Kindle-toepassing op enige toestel aflaai en hoef nie ‘n Kindle-toestel te hê om ‘n e-boek te koop en geniet nie.)
- Kobo.com (Lesers kan die Kobo-toepassing op enige toestel aflaai en hoef nie ‘n Kobo-toestel te hê om ‘n e-boek te koop en geniet nie.)
- Snapplify.com (Lesers kan die Snapplify-toepassing op enige toestel aflaai en hoef nie ‘n spesiale toestel te hê om ‘n e-boek te koop en geniet nie.)
- Takealot.com (Om die e-boek te lees, moet jy ‘n gepaste toestel hê, registreer vir ‘n Adobe ID en die e-leser by Takealot aflaai.)
Jy kan ook luisterboeke by Audible.com koop en op jou rekenaar, tablet of slimfoon daarna luister. Laai die Audible-toepassing af en begin luister. Jy kan vir Audible se maandelikse subskripsie inteken of jy kan boeke een-een aankoop sonder ‘n maandelikse fooi. Ons het ook met Netwerk24 saamgewerk sodat hul intekenaars elke maand gratis toegang het tot sekere luisterboeke.
NB-Uitgewers het ‘n groot verskeidenheid e-boeke en luisterboeke ─ splinternuwe publikasies en tydlose klassieke boeke ─ wat sal sorg dat die 21 dae van inperking in ‘n oogwink verbygaan. Ons maak ook spesiale melding van Deon Meyer se Koors, ook as e-boek beskikbaar, wat die wêreld verbeel nadat ‘n skrikwekkende koronavirus die wêreld plattrek.
Ons het ons aanbevelings volgens tema ingedeel en sal binnekort nog versamelings saamstel. Loer gerus hieronder! Die volledige lys van ons beskikbare e-boeke en luisterboeke sal op ons webtuiste beskikbaar gemaak word.
Afrikaanse kinder- en jeugboeke sluit in:
Wenners van die Sanlamprys vir Jeugliteratuur
Toring van Jasmyn (9780624087526) deur Derick van der Walt
Sindikaat (9780624087618) deur Annerle Barnard
Blou is nie ‘n kleur nie (9780624081944) deur Carin Krahtz
Soen (9780624081975) deur Jan Vermeulen
Boeke vir die Jongspan:
Raaiselster (9780798178983) deur Troula Goosen
Raaiselklip (9780798176705) deur Troula Goosen
Blits (9780624081807) deur Nadine en Adriaan Blom
Blits 2 (9780624084082) deur Nadine en Adriaan Blom
Pienk is nie vir sissies nie (9780624085416) deur Christien Neser
Liewe Heksie se groot omnibus (9780798172745) Verna Vels
Trompie Omnibus 1 – 7 deur Topsy Smith
Saartjie Omnibus 1 – 7 deur Bettie Naudé
Speurder Kwaaikofski-reeks deur Jürgen Banscherus
Grilgrypers 1 – 3 deur De Wet Hugo
Leeus met letsels (9780798157841) deur Fanie Viljoen
Brand (9780624084051) deur Fanie Viljoen
Vlerke vir almal (9780798174527) deur Marion Erskine
Sweepslag (9780624086789) deur Annerle Barnard
Elf dae in Parys (9780624077459) deur Elizabeth Wasserman
Skadujagter (9780798177306) deur Dihanna Taute
Kraak (9780624085324) deur Rouxnette Meiring
Snak (9780624085355) deur Rouxnette Meiring
Tienerharte 1 – 4 deur Cecilia Steyn
Die Poort 1 – 4 deur Nelia Engelbrecht
Luisterboeke – Afrikaans Kinder & Jeug:
Die avonture van Hanna Hoekom (9780624063438) deur Marita van der Vyver
Die mooiste sprokies van Grimm (9780798163576) deur Marita van der Vyver
Die dingesfabriek 1: Jannus en Kriek op die maan (9780624066965) deur Elizabeth Wasserman
Huppelkind (9780624088530) deur W.O. Kühne
In die land van pamperlang (9780798165761) deur Linda Rode
Jakkals en Wolf (9780798163552) deur Pieter Grobbelaar
Lien se lankstaanskoene (9780624063421) deur Derick van der Walt
Onderwêreld (9780624066682) deur Fanie Viljoen
Rympies vir pikkies en peuters (9780624078074) deur Riana Scheepers, Suzette Kotzé-Myburgh & Gertie Smit
Vaselinetjie (9780624088462) deur Anoeschka von Meck
Vlerke vir almal (9780798179423) deur Marion Erskine
Wielie Wielie Walie (9780798165020) deur Louise Smit