Afrikaanse SkryfGoed

Afrikaanse SkryfGoed 2008 vir Microsoft® Office – ʼn versameling skryfhulpmiddels vir Afrikaans. Ingesluit op CD-ROM: AFRIKAANSE SPELTOETSER 3.1 Maklike installasie in Afrikaans; gee goeie voorstelle en alternatiewe vir spelfoute; herken outomaties nuwe samestellings en verbuigings van woorde; uitgebreide woordelyste (meer as 430 000 woorde). AFRIKAANSE GRAMMATIKATOETSER 1.0 Evalueer onder meer woordkeuse; los- of vasskryf van […]

Gevaarlike lopies

Krieketpret en Gevaarlike lopies het as een boek verskyn .. Gevaarlike lopies verskyn nou op sy eie met `n splinternuwe baadjie! Jong krieket entoesiaste van 10 jaar en ouer sal gaande wees oor Henk en sy avonture. Henk kan nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om […]

Die towerboek

Hierdie towerboek bevat 50 toortoertjies en betowerende aktiwiteite om jou ure lank besig te hou – Verstom jou gehoor met ongelooflike kulkunsies; maak drankies wat borrel, bruis en suis; slaan jou maats se asem weg deur hulle gedagtes te lees.

Video-idees

Maak fantastiese video`s en animasie om op YouTube te plaas en met jou vriende te deel! Droom jy daarvan om die volgende YouTube-sensasie te word? Of hou jy net daarvan om video`s te maak? Moet jy `n videojoernaal vir `n skoolprojek maak? Ontdek die videomaak-proses van draaiboek tot skerm, met praktiese wenke, raad en kortpaaie […]

`n Kas Vol Monsters Omnibus

Is jy braaf genoeg om die kas oop te maak?Denver se kas is `n geheime ingang na `n kasteel vol monsters – en hope avontuur! Maak die kasdeure wawyd oop met hierdie 6-in-1 omnibus van al die gewilde Kas vol monsters-boeke! Die Groen Hand Daar is iets vreemds aan die nuwe huis … In die […]

Briljant!

Opwindende eksperimente wat jy buite kan doen!Hierdie prettige, feitebelaaide boek is propvol ongelooflike buitelug-eksperimente wat ontluikende jong wetenskaplikes help om hul omgewing te verken. Gebruik huishoudelike items en maak `n watervuurpyl wat in die lug opskiet om jou meer van lugdruk te leer, of blaas reusagtige borrels om te wys hoe oppervlakspanning werk. Maak `n […]

1000 Nuttige Woorde

Kleurvolle woordeboek vol pret!Hierdie prettige, kleurvolle woordeboek is ideaal om jou kind se taal- en geletterdheidsvaardighede te ontwikkel en verbeter. Met volop selfstandige naamwoorde, werkwoorde en byvoeglike naamwoorde is daar ook allerlei opwindende onderwerpe: van wilde diere, beroepe en storietyd tot plaaslewe en kleure, vorms en getalle. Daar is volop dinge om te sien op […]

Vind uit! Wetenskap

Wat wil jy graag uitvind?Hierdie ongelooflike reeks boeke help kinders om kenners op die gebied van hul gunsteling-niefiksietemas te word, van wetenskap en haaie tot robotte, kodering en die heel nuutste tegnologie. Elke boek bevat asemrowende foto`s, fantastiese vasvrae en hope prettige, relevante inligting. Leer was nog nooit soveel pret nie! Daar is ses hoogs […]

Soek die paadjie! Vlak 2

Soek die paadjie! Vlak 2 bevat `n bietjie moeiliker doolhowe en ander items om te tel. Met hierdie opwindende aktiwiteits boek, soek die kind nie slegs net vir die korrekte pad nie, maar het pret terwyl hy/sy leer tel. Die pen word gebruik om die regte aantal items in die sirkel neer te skryf, die […]