Christien Neser (neé Lilian Christien Brink) is op 22 Nov 1956 in Pretoria gebore. Sy bring haar laerskooljare in Bloemfontein deur en matrikuleer aan Menlopark Hoërskool, Pretoria.
1975 – na Tukkies om Spraakterapie te studeer
1978 – behaal die graad BA (Logopedika)
1979 – begin werk as Spraakterapeut in diens van die Onderwysdepartement; 3 maande na Parys, Frankryk om by onder prof Hecaen te studeer in breinbesering en rehabilitasie.
1979 – trou in Parys, Frankryk, met Thys Neser
80’s – gaan woon in Sandton, 3 kinders word gebore (Louise, Michael en Chris); maak kinders groot en doen deeltyds spraakterapie, studeer aan UNISA vir ‘n BA in Linguistiek.en Frans
1995 – intensiewe taalkursus (Letterkunde) aan die Université Catholique d’Angers, Frankryk, gedurende September
1996- BA Hons in Frans (cum laude) UNISA
2000, 2001, 2002, 2005, 2008 – skryf revues vir Bryanston Parallel Medium
2002- voltooi kursus in Kreatiewe skryfkuns by RAU
2003 – MA (Toegepaste Linguistiek) cum laude (RAU) – studietema: Vertaling en verwerking van die fabels van La Fontaine – begin om die fabels te gebruik as deel van ‘n taalverrykingsprogram vir graad Een leerders.
2005 – skryf in vir kursus in Duits by die Goethe Institut.
2006 – voltooi Zertifikat Deutsch by Goethe Institut
2007 – sit Franse studie voort; Romanse skryfkursus van die ATKV, Potch (September),
2008 – leer basiese Spaans en stap die Inka roete, skryf DisneyToyi-Toyi (blyspel)
2009- Kinderboekskryfskool, Woordfees, Stellenbosch; Kondensmelk, ‘n jeugverhaal, word gepubliseer deur Lapa; Optelgoed word opgeneem in Sweef (Lapa).
Voorliefdes: my man en kinders, tale, skryf, lees, Britse humor, Franse flieks, sudoko, ons stoute Jack Russels, vakansies in ongerepte plekke, vriendinne, stap, ski, tandem- en bergfietsry.
Publikasies:
- 2009 – Kondensmelk – ‘n jeugverhaal word gepubliseer deur Lapa
- 2009 – “Optelgoed” word opgeneem in Sweef (Lapa)
- 2011 – Koshuiskoffie (Lapa)
- 2011 – Blou Sjokolade (Lapa)
- 2012 – Rocksusters (Lapa)
- 2012 – “Grammatika” word opgeneem in Verlief (Lapa)
- 2013 – Amper Einstein (Tafelberg)
- 2013 – “Powerhouse Nelson kies sy ruiter” bydrae tot Galop
- 2013 – Duinebesies (Lapa) beoog vir Oktober.