Lea lief honde: hik, hik hoera!

Om diere te red, is in Lea se bloed! Lea en haar maats, Nikita en Hazel, is kliphard besig om gereed te maak vir die skool se groot honderatsheidskompetisie. Om dinge erger te maak, vind Lea-hulle uit dat daar ’n hondemeule is wat honde in aaklige omstandighede teel net vir wins. Sy en haar maats moet iets doen om hulle te red voor dit te laat is.

Elke hond kry sy dag

Hierdie is ’n boeiende versameling van meer as 30 verhale van werklike honde, insluitende filmsterre met pelse, honde wat graag help, wetenskapsupersterre en oorlogshelde. Hierdie heldhaftige honde is die sterre van hulle eie stories. Lees ook oor honde wat rekords breek, honde in die letterkunde, babahonde wat roem op die internet gewerf het en nog meer …

‘n Kat se kans! Verhale van vurige en kordate katte

Wie is die grootste rebelle van almal? Katte, natuurlik! Vir te lank is daar te min gesê oor hoe ongelooflik katte is. Hierdie boek vertel die (ware!) verhale en geheime van vurige en kordate katte. Daar is verhale oor katte wat lewens red, katte wat muise in allerlei geskiedkundige geboue soos kerke en teaters vang, katte wat Hollywood-sterre geword het en selfs ’n brawe klein katjie wat die Nazi’s om die bos gelei het. Tesame met die verhale van merkwaardige katte, is daar ook interessante feite oor mistiese katte en katte aan boord van skepe. Daar is ook meer inligting oor projekte en organisasies wat katte, en hul regte, beskerm. ’n Purr-fekte boek vir katliefhebbers!

Die groot koelte

Feliks bly alleen op ’n strand. Sy mense het weggetrek sonder hom. Die wêreld het verander. Dit het jare laas gereën. Toe ’n seilskip vol wreedaardige ysbere hul opwagting maak, is hulle oortuig Feliks kan hulle gaan wys waar om die laaste ys op aarde te vind. Op hul swerftog die vreemde in, begin Feliks besef hul reis kan die wêreld verander …

Jock van die Bosveld en ander ware dierestories

Lekkerleespret vir jong diereliefhebbers! Ontmoet `n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het; ontmoet `n brilpikkewyn met die naam Gregory Peck wat mense geïnspireer het om nie die see te besoedel nie; en skud poot met Just Nuisance, `n hond wat by die Britse vloot aangesluit het! Hierdie boek bevat vyf asemrowende ware dierestories: 1. Seeman Just Nuisance Het jy al gehoor van `n hond wat lid van die vloot is? Of `n pet dra en alleen trein ry? Dis wat Just Nuisance gedoen het. 2. Visvriende Big Red en Blackie `n Wonderlike ware verhaal oor die wonderbaarlike vriendskap tussen twee troetelvisse. 3. Jock van die Bosveld Ontdek die wonderlike verhaal van Jock, die dapper Suid-Afrikaanse hond wat wêreldberoemd geword het. 4. Die ysbeer en die kietsiekat Die merkwaardige verhaal van `n katjie wat op `n dag in die ysbeerpoel by `n dieretuin beland het en deur een van die gevaarlik bere gered is! 5. Gregory Peck die brilpikkewyn. Vind uit hoe `n brilpikkewyn genaamd Gregory Peck mense geïnspireer het om vir die natuur om te gee. Die stories word op `n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!

Leeu wat drukkies gee en ander ware dierestories

Wonderlike ware dierestories vir beginnerleespret
Ontmoet `n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Vind uit wat gebeur het nadat twee vriende `n leeu in `n afdelingswinkel gekoop het, ontmoet `n dapper hond genaamd Salty, en vind meer uit oor die dapper reddingspoging om Humphrey die boggelrugwalvis te red nadat hy die pad byster geraak het. Hierdie boek bevat ses asemrowende ware dierestories:

1. Die leeu wat drukkies kon gee
Twee vriende koop `n leeuwelpie in `n afdelingswinkel in Londen maar kort voor lank word hy `n groot maanhaarmannetjie! Hulle besluit om hom in Afrika te hervestig, en jare later steel hy die wêreld se harte.

Max die dapper gorilla en ander ware dierestories

Ontmoet `n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Vind uit hoe Max die dapper gorilla van die Johannesburgse Dieretuin dit reggekry het om `n skurk vas te trek, reis meer as 1 600 kilometer ver saam met Huberta die seekoei wat besluit het om die land te verken, en ontmoet `n oulike vlermuis wat deur `n mens-mamma grootgemaak is! Hierdie boek bevat ses wonderlike ware dierestories:
1. Max die gorilla vang `n skelm

2. Huberta die seekoei stap suid

3. Noodle leer om `n vlermuis te wees

4. Kees kry lus vir koek

5. Zhu, die sterk Chinese vark

6. `n Beer word soldaat

Die stories word op `n toeganklike manier met eenvoudige taalgebruik vertel sodat beginnerlesers dit maklik self kan baasraak!

My eerste diere-atlas

Ontdek diere regoor die wereld met hierdie fantastiese diere-atlas! Hierdie atlas is propvol asemrowende feite oor die diere wat op die verskillende vastelande voor-kom, en Suid-Afrika se ryk verskeidenheid dierelewe.

Die wonderlike wêreld van soogdiere

Jy sal al die antwoorde in hierdie fantastiese feiteboek kry! Met 64 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto’s en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwereld van soogdiere kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong diere-liefhebbers se tone te laat omkrul van lekkerkry!

Daar`s `n diplodokus voor die deur

In die Dinosourusse: feite en geite-reeks verbeel ons onsself hoe dinosourusse in allerhande moderne situasies sou optree. So leer kinders oor hul grootte, bou, dieët en ander gewoontes en word dit relevant gemaak tot hul alledaagse ondervindings. Byvoorbeeld: As `n Diplodokus medisyne nodig gehad het vir maagpyn, sou hy klippe ingesluk het!