Niks is regtig verlore as jy dit in jou hart bêre nie … Op ’n dag gaan Sophia saam met haar pa see toe. Hulle geniet ’n heerlike dag op die strand, totdat ’n donderstorm uitbreek en hulle inderhaas moet vlug. En Sophia verloor per ongeluk haar teddie. Haar spesiale teddie wat eers haar oupa s’n was, en toe haar ma s’n, en daarna hare sedert die dag toe sy gebore is. Sophia se hart is gebreek. Maar die see sien wat gebeur. En dalk, net dalk, kan die see Sophia se teddie vir haar terugbring. Maak nie saak hoe lank dit neem nie … Hierdie beeldskone, spesiale prenteboek kombineer asemrowende collage-kunswerk met ’n hartroerende storie wat jou altyd sal bybly.
haasbekkies
Boeke vir haasbekkies
Op die rug van ‘n tier
Tom teken ‘n tier na sy besoek aan die kunsgalery. Daardie nag stap die tier uit die prent teen die muur tot langs hom en spin: “Kom ons gaan stap!” Tom is bang, maar die tier stel hom gerus. Hierdie verhaal, geïnspireer deur Henri Rousseau se skildery Tier in ‘n tropiese storm (Verras!) sal kinders help om vrese te oorkom, nes Tom op sy nagtelike uitstappie met ‘n tier.
Wie woon hier?
“Ek woon in `n gebou wat sewe verdiepings hoog is. Elke verdieping se deur lyk anders. Die eerste deur het baie slotte. Die gesin wat hier woon, is diewe. By die tweede deur is daar altyd baie modderspore. Dis waar die ou jagter en sy troeteltier woon . . .” `n Fantastiese reis deur die verbeelding van `n meisie wat elkeen van haar bure probeer voorstel deur net te kyk hoe hul voordeur lyk. Elke bladsy is gevul met eindelose besonderhede en verrassings!
Die dag toe Ernst `n ertjie geëet het
Vreemde dinge kan gebeur as jy `n ertjie eet Ontmoet vir Ernst, Ernst de Vos. Hy eet so ampertjies enige kos: hamburgers, pizza, herderspastei, spaghetti, bobotie (met geelrys daarby), pampoenkoekies, kerrievis, blomkool en beet. Maar Ernst WEIER om ertjies te eet. Almal probeer vir Ernst oorreed om `n ertjie te eet. Sy ma vertel vir hom dat selfs BEROEMDE popsangers dit elke dag eet dalk moet hy dit ook probeer as hy beroemd wil word. Sy pa bied aan om vir hom meer sakgeld te gee as hy ertjies sal eet hy kan SKATRYK word. Sy juffrou vertel vir hom dat ertjies amper `n hele alfabet vol vitamiene bevat wat jou baie STERK maak. Maar dit help nie. Ernst weier om ertjies te eet. Op `n dag, toe niemand kyk nie, eet hy egter een piepklein ertjie. En meteens begin die vreemdste dinge met Ernst gebeur! Hy word so BEROEMD soos `n rockster hy word SKATRYK hy word `n STERK superheld wat die wêreld met sy ertjiegeweer red! Maar beteken dit hy gaan van nou af ertjies eet? Hierdie lawwe, rymende prenteboek met sy verrassende einde sal selfs die kieskeurigste kleuter `n ruk lank van alle kosfiemies laat vergeet! Dalk kry jy selfs lus om aan `n ertjie te proe
Dapper Dawie se onderstebo week
Dawie word wakker met ’n hol kol op sy maag. Môre is sy eerste dag by sy nuwe kleuterskool. Hy wonder of hy nuwe maatjies gaan maak en hy is bekommerd dat hy heeltemal alleen gaan wees. Dapper Dawie se onderstebo week is ’n unieke boek vir kinders én volwassenes. Die storie is geïnspireer deur gedragsielkunde, om kinders te help om spesifieke situasies en ingewikkelde gevoelens te verstaan en te hanteer. Volg Dawie se avonture waar hy probleme op die speelgrond en by die huis teëkom en lees die boek saam met jou kind om soortgelyke probleme te oorkom.
Groot Beer
Ek is lief vir jou, Groot Beer! Die eerste keer toe Lara vir Groot Beer sien, is op ‘n skooluitstappie. Hy lyk nes haar teddie, net baie, baie groter. Groot Beer lyk hartseer. Daarom gesels Lara met hom. “Moenie hartseer wees nie,” sê sy sag vir hom. “Ek is hier.” Sy vertel vir hom hy is nie alleen nie. Sy sê vir hom hy hoef nie bekommerd te wees nie en sy vertel vir hom geheime waarvan niemand anders weet nie. Maar toe Lara daardie middag by die huis kom, staan daar ‘n tas en bokse in die gang. Sy hoor harde stemme en kort daarna ry Pappa weg. “Moenie bekommerd wees nie, my skat,” sê Mamma vir haar. “Ek en jy gaan piekfyn wees.” Maar daardie aand kan Lara nie slaap nie. En kort voor lank klim iemand deur haar venster. “Moenie hartseer wees nie” sê ‘n sagte stem. “Ek is hier.” En daar is Groot Beer! Kort voor lank beleef hulle hope avonture saam. ‘n Sensitiewe, roerende storie oor ‘n kind se hantering van egskeiding, en die wonderlike genesende krag van verbeelding en stories.
Bianca se briljante biblioteekdag
Ontdek betowering tussen die rakke van die biblioteek. Elke week sien Bianca uit na daardie een spesiale dag. Die dag wanneer sy wonderlike dinge tussen die biblioteek se rakke ontdek. Die dag wat sy tyd saam met Pappa kan deurbring. Saam verken hulle die rakke op soek na betowering, geheime en ‘n manier om dinge tussen hulle twee reg te maak. ‘n Inspirerende storie oor die betowering van boeke en die krag van stories om moeilike persoonlike situasies te bowe te kom. Daar is ook ‘n oulike ‘boek-binne-‘n-boek’ sodat jy die storie kan lees wat Bianca en haar pa saam geniet!
Wie`s jy, mnr Slym?
Bang beer
Ontmoet `n dapper klein hasie en `n groot, bang beer!
In die diep, donker woud woon die HARIGE OU GROTE!
Met skerp tande in sy bek en skerp kloue aan sy pote.
Sy kwaai oë sal jou laat ril en laat gril
en dit klink net soos donderweer wanneer hy brul!
Klein Ben is `n dapper hasie. Hy hou BAIE van pret en avontuur, maar hy hou GLAD nie van bed toe gaan nie. Toe sy ma hom een aand voor slaaptyd vertel van die Harige Ou Grote met sy skerp tande en skerp kloue wat in die woud woon, besluit Klein Ben om in die donker buitentoe te sluip en hom te gaan soek!
Maar in plaas van `n groot, harige monster ontdek Klein Ben `n beer in die woud. `n Baie bang beer.
Sommer gou word klein Ben en die beer groot maats. Maar sal die beer dapper genoeg wees om na die monster te help soek?
`n Oulike, avontuurbelaaide storie oor vriendskap en hoe om jou vrese te oorkom.
Dino poef ’n planeet!
Dirkman en Dino besluit om die museum te besoek, maar hulle druk op al die verkeerde knoppies. Toe hulle weer sien is hulle op pad na die ruimte, maar hulle het hulle padkos by die huis vergeet. Dino begin alles in sig verslind, selfs hulle vuurpyl. Gelukkig kry Dino ’n poeftastiese plan om hulle weer op die aarde te kry … Hierdie skreeusnaakse prenteboek sal tonne vermaak aan beide grootmense en kinders verskaf!