Soek die paadjie! Vlak 2

Soek die paadjie! Vlak 2 bevat `n bietjie moeiliker doolhowe en ander items om te tel. Met hierdie opwindende aktiwiteits boek, soek die kind nie slegs net vir die korrekte pad nie, maar het pret terwyl hy/sy leer tel. Die pen word gebruik om die regte aantal items in die sirkel neer te skryf, die uitveebare papier maak dit maklik om `n fout te korrigeer. Sluit `n groot plakaat in!

My eerste 100 woorde

Leer speel-speel woordeskat!
Hierdie stewige kartonboek dek al die bekende dinge waarin kleingoed belang stel, van my liggaam en my kos, tot diere, rygoed en slapenstyd. Kristalhelder foto`s wys die wonder van die regte wêreld, terwyl prettige ïllustrasies eenvoudige stories vertel wat leer aanmoedig, van pikkewyne wat in die sneeu en ys speel, tot `n muis wat by `n leer opklim om so hoog soos `n baie lang kameelperd te wees!

Woordetikette moedig wys, benoeming en praatvaardighede aan, terwyl dit woordeskat en taal ontwikkel. My eerste 100 woorde is ontwerp om in te lig en te vermaak, en is die begin van jou baba se leer-avontuur die wêreld is ongelooflik, beeldskoon, interessant en prettig!

Met 100 prente met byskrifte is hierdie prettige wys-en-sê-boek propvol dinge om oor te gesels, te leer en te glimlag.

My eerste 100 woorde is saam met `n voorste opvoedkundige konsultant ontwikkel om te verseker dat:
* Die benoeming van prente, taal ontwikkel en woordeskat bou.
* Deur die blaaie kennis van die wêreld ontwikkel.
* Duidelike byskrifte, vroeë leesgereedheid bevorder.

100 woorde oor diere

Hierdie eerste boeke met pragtige kleur foto`s sal jong kinders help met die bou van woordeskat. Elke boek het loergaaitjies en flappe en kinders kan deur die gaatjies loer en dan uitvind wat onder die flappe is.Nog `n boek in die reeks: 100 eerste woorde.

Ek kan tel: Dieretuin

Dit is prettig en maklik om tot tien te tel!Hoeveel diere kan jy op elke bladsy tel?
En kyk `n bietjie in die dieretuin rond. Wat sien jy nog?

Hierdie pragtig geillustreerde, duursame kartonboek sal jong lesertjies bekoor terwyl hulle die wilde diere en ander verrassings op elke bladsy ontdek.

Ander boek in die reeks: Ek kan tel: Plaas

Skoolgereed met Tjiff en Tjaff

Hierdie prettige aktiwiteitsboek met die gewilde KykNet karakters Tjiff en Tjaff, leer kinders om speel-speel die basiese vaardighede baas te raak wat hulle in hul eerste skooljaar sal nodig hê. Met inkleurprente en maklike aktiwiteite en oefeninge leer kinders eerste skryf-, lees-, handkoördinasie- en telvaardighede aan. Hulle leer ook oor vorms, kleure, syfers, letters en vele meer.

Be Bright: Level 2

This educational activity book builds on the foundation laid in Be bright level 1 and is aimed at children aged 7 to 9 years. It is designed to help children sharpen their math and language skills, while it challenges them to be bright and creative! The fun math exercises meet the standards for the grade 1 to 3 curriculum, while the language portion promotes language, reading and audio skills. The exercises will encourage young learners to practice the skills they acquire in their first and second school year in a new and fun way. Simple and clear instructions make the activities easy to complete, while a little star indicates to the learner where to complete their answer. In the back of the book the answers are clearly indicated and explained. Give you child a head start with Be bright!

Slimbegin: Vlak 2

Hierdie opvoedkundige aktiwiteitsboek bou voort op die grondslag wat in Slimbegin Vlak 1 gele is en is geskik vir kinders 7 tot 9 jaar. Dit is spesiaal ontwerp om kinders se wiskunde- en taalvaardighede te slyp, terwyl dit hulle uitdaag om te dink en kreatief te wees. Die prettige wiskunde-oefeninge voldoen aan die kurrikulum van graad 1 tot 3 en die taalgedeelte bevorder woordbou, taal, lees en klankvaardighede, sodat dit leerders ook aanmoedig om die vaardighede wat hulle in hul eerste en tweede jaar op skool leer op `n nuwe manier te oefen. Eenvoudige en duidelike instruksies maak die aktiwiteite maklik om te voltooi, terwyl `n sterretjie telkens vir die kind aandui waar om te skryf. Agter in die boek word die antwoorde maklik uiteengesit. Gee jou kind `n voorsprong met Slimbegin!

Diere 123

1 ruspe, 2 papegaaie, 3 vosse . . . ! Diere 123 neem jou op ’n wonderlike ontdekkingstog van die diereryk – van 1 tot 100. Met meer as 100 pragtig-geïllustreerde diere is dit maklik om te leer tel.
3+ jaar.

Diere ABC

3+ jaar. Arend, beer, chincilla . . . ! Diere ABC lei jou op ’n wonderlike ontdekkingstog van die diereryk – van A tot Z! Met meer as 100 pragtig-geïllustreerde diere is dit maklik om die alfabet te leer ken.

Skoonvee leerboek

Gebruik die verskillende penne en teken allerhande diere in 3 maklike stappe. Voltooi dan die leersame aktiwiteite.
Die bladsye kan maklik skoongevee word, sodat jy dit weer en weer kan gebruik.