Spannende strokiesprent-pret saam met Agent Snoet en sy kat …
Sy naam is Snoet. Agent James Snoet. En hy is `n speurder. Die soort wat leidrade uitsnuffel en allerlei ingewikkelde raaisels oplos.
Maar die eintlik meesterbrein agter die suksesvolle speurder is niemand anders nie as sy kat, Felino. Die slim Siamees is `n katjie wat jy nie sonder handskoene moet aanpak nie. Hy mag nou wel reeds agt van sy nege lewens verloor het, maar Felino skrik vir net mooi niks! En dis ook maar goed so, want agent Snoet is so verstrooid dat hy net mooi niks sonder sy getroue kattehandlanger sou uitrig nie!
Saam het die gedugte speurderspan al die geheim agter die verdwyning van die kosbare Botterdiamant ontrafel, `n gevaarlike wapen genaamd die Genugtig uit gevaarlike skurke se kloue teruggekry en ‘n BBH (Baie Belangrike Hond) se lewe beskerm.
Vir die eerste keer verskyn al vyf boeke in die fantastiese strokiesreeks nou saam in een boek:
Agent Snoet en die Botterdiamant
Agent Snoet en die Kattekwaad
Agent Snoet en die Hondelewe
Agent Snoet en die Groen Genugtig
Agent snoet en die Windlawaai
strokies
Strokieverhale – stories in prente
Hendrik Leerdam
Hulle reis eindig met die aankoms aan die Kaap, wat Hendrik grootoog laat wonder: “Storms, skeurbuik, sonbrand en seerowers . . . ek wonder watter nuwe avonture wag vir ons hier?”
Teen die agtergrond van die werklike gebeure word Hendrik en sy gesin se fiktiewe avonture vertel. Die idee vir die boek het uit `n ouma se frustrasie ontstaan. Hoe gemaak om ons verlede lewend te hou en aan kleinkinders oor te dra? Om dit toeganklik vir die jonger lesers te maak het die skrywer en illustreerder dit as `n volkleur strokiesverhaal ontwikkel, met geskiedenis as die agtergrond
Agent Snoet en die Groen Genugtig
Snoet is in die moeilikheid by hoofkantoor. As hy nie sy nuutste saak oplos nie, kan hy sy werk as geheime agent verloor. Maar gelukkig is Felino soos altyd aan sy sy. ’n Baie gevaarlike wapen, die Genugtig, is uit ’n laboratorium gesteel. Snoet en Felino moet dit so gou as moontlik opspoor. En asof dit nie genoeg is nie, dreig iemand boonop om Smarag, die suksesvolste katte-ster in die land, dood te maak. Terwyl Snoet soos gewoonlik net die kat aan die stert beet het, moet Felino alles in sy vermoë doen om die Genugtig te vind en Smarag te red … voordat dit te laat is. DIE REEKS 1. Agent Snoet en die Botterdiamant 2. Agent Snoet en die Kattekwaad 3. Agent Snoet en die Hondelewe
BEKRONING:
ATKV-Kinderboektoekenning
Stormkaap: Drome kom altyd andersom uit
Heeltemal nuut in Afrikaans! Seks, drugs en rugby op die Kaapse Vlakte. ’n Grafiese roman of comic wat die wel en weë van twee hoërskoolvriende volg: Christo is wit en kom van Ruyterwacht, Russell is bruin en woon in Bishop Lavis. Maar hulle is in dieselfde skool en het dieselfde droom – om gekies te word vir die Western Paladins rugbyspan. Albei weet egter al te goed hoe gevaarlik dit is om te droom … want drome kom so gereeld andersom uit.
Agent Snoet en die kattekwaad
Agent Snoet, geheime agent van formaat en sy Siamese kat, Felino, is hierdie keer warm op die spoor van die meesterbrein agter `n geheimsinnige katte-rebellie. Agent Snoet en die kattekwaad is die tweede aflewering in François Bloemhof se gewilde Agent Snoet-strokiesreeks. Alistair Ackerman se treffende volkleurillustrasies maak hierdie unieke Afrikaanse strokiesreeks `n treffer onder jong lesers.
Agent Snoet en die botterdiamant
Agent Snoet, geheime agent van formaat, en sy Siamese kat, Felino, ondersoek die verdwying van Madame Lente Langenhoven se botterdiamant. Soos met al Agent Snoet se sake, is dit uiteindelik Felino wat die skurk vastrek. Die dief is niemand ander nie as…
Maar wag, so maklik gaan ons nie die antwoord verklap nie. Lees self hierdie spanningsvolle en humoristiese speurverhaal in strokiesprent-formaat om uit te vind wie nou eintlik die botterdiamant gegaps het. Die boek is geskryf deur bobaas storieverteller Francois Bloemhof en die illustrasies is deur talentvolle nuweling, Alistair Ackermann.
Die geheim van De Eenhoorn
Die geheimsinnige ster
Die avonture van Kuifie: Koning Ottokar se septer
Kuifie en Spokie reis na Sildawie, saam met Professor Alembick en raak onwetend verstrengel in `n komplot om die Sildawiese koning uit die kussings te lig. Die plan is om die septer van Koning Ottokar te steel – daarsonder kan die heerser van Sildawie geen aanspraak op die troon maak nie. Die hulp van die nimlike Uys en Buys word ingeroep en `n jaagtog – deur die nag, oor berge en `n naelbytvlug in `n vliegtuig – is Kuifie se voorland.