Doc Immelman publiseer aanvanklik in skoolblaaie. Sy eerste kortverhaal
verskyn in 1954 in die Huisgenoot. Uit sy pen verskyn meer as 35
boeke, 400 kortverhale en talle artikels en essays. Met sy eerste
boek, Verhale uit Suidwes (1958), lei hy 'n lang tradisie
in van avontuur- en jagverhale wat afspeel in Namibië.
In Blits (1970) word die verhaal vertel van die wedervaringe
van 'n Rhodesiese rifrug en sy baas, Dirkie van der Walt, in die
ruwe ongetemde Duits-Suidwes van 1906. In Die beestrek (1974)
gaan dit oor twee sestienjarige seuns en hulle handlangers se trek
met 'n groot trop beeste na 'n noodweidingsgebied in Namibië.
Onheil in die Kuiseb (1983) speel af teen die agtergrond van
die stryd tussen die Duitse maghebber en die Topnaars in 1905. Die
soektog (1985) het 'n swart seun, Shilongo, en sy suster as
hoofspelers.
PUBLIKASIES SLUIT IN:
- Verhale uit Suidwes (1958)
- Blits (1970)
- Die Beestrek (1974)
- Onheil in die Kuiseb (1983)
- Die soektog (1985)
|