Helene de Kock
woon tans in Pretoria en is getroud met dr. Jos de Kock. Hulle het drie kinders,
Jaco, Herman en Sylvia. Helene
het as pastoriedogter op die rand grootgeword en studeer aan die Universiteit
van Pretoria waar sy 'n BA graad in tale en 'n onderwysdiploma verwerf. Sy het
ook aan verskeie konservatoria sang gestudeer. Tydens haar verblyf in Bloemfontein
het sy sang gegee. Helene was ook solis van die Cantus Choralis Koor van die Oos
Vrystaat. Sy tree nog soms as solis op. Helene
het meer as dertig romans in Afrikaans gekryf. Van
haar jongste werke is kortverhale in die bundels Dit kom van ver af en
Kruis en dwars wat onderskeidelik deur T.T. Cloete en Jeanette Ferreira
saamgestel is. Dan is daar die omnibusse, Wynland omnibus, Liefde in die Lae
Lande en Van Liefde en oorlog uitgegee deur Human & Rousseau.
Die Helene de Kock Omnibus 4 het ook pas verskyn. Sy is besig met 'n nuwe
roman sowel as kortverhale vir bundels en dagstukke en al haar vorige werk wat
deur Human & Rousseau en Tafelberg Uitgewers gepubliseer is, word weer in
omnibusse uitgegee. Helene
doen deeglik navorsing vir haar boeke oor beide die onderwerp sowel as die agtergrond.
Daar is ook reekse essays van haar deur die SAUK uitgesaai. Van
Helene se verhale kan ook as e-boke gelees word en as oudioboeke bestel word op
www.contentlot.com. Helene
het ook joernalisiteke agtergrond. Sy was op universitiet twee jaar lank op die
redaksie van die studentekoerant, Die Perdeby, en het later ook as waarnemende
redakteur opgetree vir Vrystaat, 'n streekskoerant van die Oos Vrystaat. Verder
skyf sy ook artikels vir die tydskrif Finesse en het ook al vir Taalgenoot
geskryf. Helene
se eerste kortverhaal is tydens haar tweede jaar op universiteit gepubliseer.
Sy skryf nou voltyds maar het ook sporadies onderwys gegee. Sy gee soms lesings
oor die skryfkuns by die ATKV Skryfskool aan die PU vir CHO. Van hierdie referate
is deur die Universiteitspublikasies gepubliseer. Van die lesings is ook saam
met ander skrywers s'n gebundel onder die titel Skryfateljee (Van Schaik
Uitgewers). Sy
spreek ook leeskringe toe. Helene hou van reis, lees en musiek en kuiertyd saam
met haar man en kinders is vir haar baie kosbaar. Publikasies
- 1981 - Ver
vlug na more (Human & Rousseau)
- 1982
- Skemerspel (Tafelberg)
- 1983
- Digby grootgewaag (Tafelberg)
- 1985
- Soetwyn vir 'n Sondagkind (Tafelberg)
- 1988
- Joernaal van 'n winterjaar (Tafelberg)
- 1990
- Vuurvliegie (Human & Rousseau)
- 1991
- Saterdagskind (Human & Rousseau)
- 1994
- Man van kaliber (Tafelberg)
- 1995
- Volmaakte versnit (Human & Rousseau)
- 1996
- Vrou van formaat (Taferberg)
- 1996
- Tiendes van silwer (Human & Rousseau)
- 1998
- Mense van faam (Human & Rousseau)
- 1999
- Engel op die drumpel (Cum Uitgewers)
- 1999
- Die skadubelofte (Human & Rousseau)
- 1999
- Die Riemland tweeluik (Human & Rousseau)
Kinderboeke
sluit in onder andere Job, soos vir kinders oorvertel. Die mees
onlangse in Openbaring, die boek wat ons bly maak en Die Eerste Nagmaal.
Dit het by Aktuapers verskyn. Pryse:
- Naaswenner in
ATKV/SARIE vervolgverhaal wedstryd met die verhaal Sewende somer wat ook
deur H&R uitgegee is.
-
Naaswenner in ATKV/SARIE vervolgverhaal wedstryd met die verhaal Windspoor
wat deur Tafelberg Uitgewers in boekvorm uitgegee is.
-
Naaswenner in Rooi Rose kortverhaal wedstryd met die verhaal 'n Laaste maal.
-
Derde prys in Sarie/OU Mutual kortverhaal wedstryd met die verhaal Net nog
'n maal.
|