Jaco Jacobs
 
Junie 2011


skrywers

storiemakers


 

 

Jaco Jacobs woon in Bloemfontein. Hy vir skryf van prenteboeke tot perdestories, van gedigte tot grillers, jeugverhale tot feiteboeke... Hy skryf ook artikels en doen vertaling.

Jaco Jacobs is op die Karoodorpie Carnarvon gebore en het daar grootgeword. Hy het al op laerskool aan skryfkompetisies soos die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se jaarlikse kompetisie en die ATKV se skryfwedstryd deelgeneem. Hy het albei hierdie kompetisies op hoërskool gewen, en ook die Poortprys vir prosa en poësie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang. In 1998 was hy hoofseun van die Hoërskool Carnarvon, en in sy matriekjaar het hy ook begin om vir tydskrifte soos Sarie verhale te skryf.

Ná skool het hy B.A. (Kommunikasiekunde) aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer. In 2001 het sy eerste jeugboek, Troetelgedrog, by LAPA Uitgewers verskyn. In 2002 het hy sy honneursgraad in Afrikaans en Nederlands aan die UV voltooi. Hy was daarna redakteur van JIP en die boekeblad by Volksblad in Bloemfontein, en deesdae is hy uitgewer van kinder- en jeugboeke by LAPA.

Jaco woon in Bloemfontein saam met sy vrou, Elize, en twee honde, Pippie en Binki. As hy nie skryf nie (wat min gebeur!), hou hy hom besig met fliek, lees, draf en foto's neem.

Die volgende titels het, benewens kortverhale, vertalings en joernalistieke werk, uit Jaco se pen verskyn:

  • Troetelgedrog (LAPA, 2001)
  • Duskant die doodlyn (LAPA, 2001)
  • Rugbypret (LAPA, 2001)
  • Tande (LAPA, 2002)
  • Hoe wyd kan 'n seekoei se bek ooprek? (LAPA, 2002)
  • Pretpark (Human & Rousseau, 2003) - ATKV-kinderboektoekenning
  • Hoe hoog kan 'n sprinkaan spring? (LAPA, 2003)
  • Superheroes vlieg net saans (LAPA, 2003)
  • Krieketpret/Gevaarlike lopies (LAPA, 2004)
  • Nag van die monsters (LAPA, 2004) - ATKV-kinderboektoekenning
  • My ouma is 'n rock-ster (LAPA, 2004) - ATKV-kinderboektoekenning
  • Wiskunde gee my maagpyn (LAPA, 2004)
  • Net aliens eet spinasie (Human & Rousseau, 2005)
  • Wurms met tamatiesous en ander lawwe rympies (LAPA, 2005) - CP Hoogenhoutmedalje, Alba Bouwerprys
  • Nagvlerke (LAPA, 2005)
  • Die heel beste toebroodjie (LAPA, 2006)
  • Hoeveel tande het 'n krokodil? (LAPA, 2006)
  • Supersterre (Vivlia, 2006)
  • Suurlemoen! (LAPA, 2007) - IBBY-ereboek 2007
  • Monstergrappe (LAPA, 2007)
  • Verneukpan (Maskew Miller Longman, 2007) - MML-letterkundeprys 2007
  • Danie Dreyer se dinosouruseier (LAPA, 2007) - ATKV-kinderboektoekenning
  • Troeteldiere: 'n Gids vir beginners (LAPA, 2007)
  • Voelers (Grille & Goeters 5) (LAPA, 2007)
  • Bertie Blikbrein (LAPA, 2008)
  • Suzie se superdoeper-sjampoe (LAPA, 2008)
  • Die Teddiebeerbus (LAPA, 2008)
  • Liewe land, 'n olifant! (LAPA, 2008)
  • Borrels (LAPA, 2008)
  • Pasop vir die feetjies! (LAPA, 2008)
  • Perfek (LAPA, 2009) - ATKV-kinderboektoekenning
  • Stalmaats 7: Seeponies (LAPA, 2009)
  • Stalmaats 8: Roset (LAPA, 2009)
  • Bertus soek 'n boek (LAPA, 2009)
  • Virus (LAPA, 2009)
  • Middernagfees (LAPA, 2009) - ATKV-kinderboektoekenning
  • ackie Mostert en die ongelooflike kulkunsie (#1) (LAPA, 2010)
  • Zackie Mostert en die (byna) Baie Briljante Idee (#2) (LAPA, 2010)
  • Zackie Mostert en die super-aaklige soen (#3) (LAPA, 2010)
  • Harlekyn (Tafelberg, 2010) - Wenner: NB/Klein-B-skryfkompetisie
  • Oempakadoempa - rympies vir pret en plesier (LAPA, 2010)
  • Madelief, moenie! ( LAPA, 2010)
  • 'n Kas vol monsters 1: Die groen hand (LAPA, 2010)
  • 'n Kas vol monsters 2: Vampierfoto's (LAPA, 2010)
  • My boetie dink hy's Batman en ander rympies (LAPA, 2010)
  • Stalmaats 9: Vrye Teuels (LAPA, 2010)
  • Stalmaats 10: Gevaar op Dagbreek (LAPA, 2010)
  • Wat weeg 'n walvis? (LAPA, 2011)
  • Slaaptyd, Matilda (LAPA, 2011)
  • Zackie Mostert en die Gemaskerde Groen Gevaar (#4) (LAPA, 2011)
  • Zackie Mostert en die spokerige storie (#5) (LAPA, 2011)
  • 'n Kas vol monsters 3: Hollywood-mummie (LAPA, 2011)
  • 'n Kas vol monsters 4: Weerwolfprobleme (LAPA, 2011)

(Inligting verskaf deur Jaco Jacobs Julie 2001- bygewerk April 2011)

 

 

 

 


Voordeur en inhoud | Jong woordvrate | Ouer woordvrate | epos

STORIEWERF word aangebied saam met woordvrate en storiemakers
van alle soorte en groottes.

Gebou en onderhou deur Franci Greyling.

Skryfkuns Skool vir Tale Noordwes-Universiteit (PUK)

(C) Franci Greyling 2000-2011